ESolo







I did a shoot with Ernie Solomon. Here is his story:


Ernie (Lastig) Solomon was eens ’n gevreesde gangster, maar nou praat hy namens sy mense op ’n nuwe CD. Anna-Retha Bouwer het met hom gesels.

Solomon se lyf vertel twee verhale.
Honderde “tjappies” (tuisgemaakte tronk-tatoeëermerke) op sy bolyf en ’n paar littekens vertel van ’n rowwe lewe in die backstreets op die Kaapse Vlakte. Groot, goue ringe met rooi stene en ’n ketting om sy nek kleur die prentjie verder in.

Maar agter sy brilletjie blink sy oë met ’n sagte lig en daar is ’n bedeesdheid in die manier waarop hy sy hemp uittrek vir die fotosessie en op verweerde motorbande neersak.

“Dis hoe ons grootgeraak het,” sug hy. “So tussen die tyres.”

Solomon kén die lewe op die Kaapse Vlakte; hy kén die binnekant van ’n tronk; en hy kén veral die lewe van die bendes wat albei hierdie plekke regeer.
Maar nou het hy genoeg gehad.

Hoewel hy lankal musiek maak, is hy veel meer reguit op sy nuutste CD, Society, waarvan die musiekvideo, Ons is almal society, onlangs voltooi is. Nou vra hy met die verhoognaam Esolo vrae – ongemaklike vrae. Só ongemaklik dat TV- en radiostasies skrikkerig is om dit uit te saai.

“Ek het dit verwag, ja,” sê Solomon.

“Hulle laaik dit nie as jy vrae vra wat seermaak nie.”

Waarvoor hy deesdae baklei, so van die vergete kant van die gemeenskap af, is dat die siklus van bendegeweld gestop en almal deel word van die society waarvan die mense praat.

“Almal kan uit die gangs kom, maar onse mense makeer mos help,” sê hy.

“Dié wat ons daar gesit het, moet ons help om daaruit te kom.”

Dis ook nie een politieke stelsel wat “sy mense” in die backstreets gesit het nie. “Dis stelsels. Dit gaan nou slegter daar as voor 1994. Baie slegter.”

Solomon sê hy’s nie ’n educated man nie. Hy is in gr. 3 uit die skool uit.

“Dit was maar weens omstandighede. My pa het nie geld gehet om my langer op skool te hou nie en my ma was maar ’n gewone huisvrou.”

Dáár, in die stofstrate van Louw-se-bos naby Elsiesrivier in die Kaap, het ses van hulle in ’n “plaathuis” grootgeword.

Sy paaie het met “verkeerde mense” s’n gekruis. “Ek het heeltemal ’n ander persoon grootgeraak as wat ek wou gewies het.”

Eers was dit “petty kraaimpies” en later was hulle “gruwelik”.

Toe Solomon 14 was, het hy vir sy neef ingestaan toe dié weens ’n inbraak in hegtenis geneem is. “Hy was ’n lid van die Tokai Boys-bende en hy sou twee jaar moes tronk toe gaan. Toe sê ek dit was ek, want ek was jonk en sou net ses houe met die rottang gekry het. Dit was séér!”

Maar so, vertel Solomon, het hy nog verkeerde “vrinne” gemaak.

“Voordat ek my kom kry, was ek binne-in die tronk.”

Sewe jaar lank.

Solomon was ’n gevreesde man op die Kaapse Vlakte en sy naam is veral met perlemoensmokkelary verbind.

Dertien jaar gelede was daar ’n skietery by sy huis. Hy was nie daar nie, maar sy kinders wás en almal is gewond. Dit was ’n soort keerpunt.

“Mevrou maak ook mos kinners groot? As my kinders eendag hoor hulle pa was dié en daai mens, moet hulle dit nie kan glo oor die mens wat ek nou is nie.

“Ek is nou 14 jaar sonder cigarettes, wyn en dagga. En as ek daardie dinge kon gelos het, moes daar mos iets in my mind ingekom het, want hier, vandag, het ek dit dan nog steeds gelos.”

Baie mense glo steeds nie hy kon verander nie. “Ek onthou toe ek ’n bandiet was, het die bewaarder se vrou met haar kindertjies in die pad afgekom. Daar wys een kind na my en sê: ‘Haai ma, daai bandiet lyk darem baie soos ’n mens!’”

Hy lag en hou sy maag vas.
“Die ding dat mense nie jou verkeerde goed wil vergewe nie, is maar jou straf. Verstaan nou? Jy moet dit dra.”

Sy mense, sê Solomon, is verslaaf aan gangsterism, maar almal wil nie deel daarvan wees nie. “Jy dink net later daar is nie ’n ander manier om te survive nie.”

“Maar daar moet gepraat raak met hulle. Mense moet wys hulle gee om.”

En dan: “Mevrou, as ’n mens in die tronk was, kom jy nie normal anderkant uit nie.

“Ek het mos nie skool gegaan nie, maar ek bestudeer mense. Op die ou end voel ons almal dieselfde ding. Die gangs baklei oor dieselfde goed en dan eendag kom jy agter dit was eintlik niks, maar dan is daar mense dood.

“Nou praat ek saam met my mense op my CD’s. Dis nie om fame te kry nie, ek praat uit my gevoelentheid uit.

“Ek het ook nou besluit ek wil nie meer ’n kleurling wees nie. Ek is ’n Suid-Afrikaner. Ek wil deel wees van die society.”


EFC 04

EFC is ‘n vorm van MMA (Mixed Martial Arts) en staan soms bekend as Cagefighting.

Dit was gehou by Coca Cola Dome en was heeltemal uitverkoop. Daar was 12 fights die aand en dit was ‘n baie lekker ervaring!



























Panjo

Panjo het op die R25 tussen Groblersdal en Bronkhorstspruit uit Goosey Fernandes, sy eienaar, se Ford F250-bakkie ontsnap nadat die klap van die bakkie vermoedelik oopgegaan het. Hy is twee dae later naby die Verena-plakkerskamp langs dié pad uitgesnuffel.

Panjo (Italiaans vir “spelerig”) is aangeneem deur Fernandes nadat Panjo se ma hom verwerp het. Hy is 18 maande oud en was onderweg na ‘n veearts in Springs.

Ek was gelukkig genoeg om van begin tot einde op die storie te wees en hier is ‘n paar foto’s…




























CJ









Dit is nie altyd lekker om ‘n Maandagoggend-vroegstorie te doen nie. En as daardie storie nog ‘n operasie is, is dit minder lekker, want jou brein hardloop weg met prentjies van bloed en gore vroeg op ‘n maandagoggend en dit op ‘n nugter maag!

CJ is ‘n matriekseun van Pretoria wat tydens ‘n vierwielmotorfietsongeluk, vyf jaar gelede, byna al sy tande in sy onderkaak verloor het. ‘n Groot gedeelte van sy onderkaak is letterlik uit sy mond geruk en hulle het dit op die grond gaan optel na die tyd.
Hierdie operasie was om vir CJ metaalplate in sy kaak te sit sodat dit gerek kan word. Wanneer die proses klaar klaar is, beoog hulle om vir hom spesiale tande in te plant. Die tande is baie duur, maar die maatskappy wat dit vervaardig het goedgunstig die tande geskenk.
Dit was lekker om af te neem, want mens kon sien hoe word CJ se ‘glimlag’ teruggesit. En vir so iets sal ek enige maandagoggend vroeg opstaan.

Hoe weet mens??

Hoe weet mens wanneer jy gelukkig is met jou lewe?

Hoe weet mens of jy bereik het wat jy wil bereik?
Hoe weet mens of die ‘ambisie’ wat mens het, nie eintlik net geldgierigheid is nie?
Wat maak mens gelukkig in die lewe?
“Jy sal weet… Jy sal dit kan voel!!!”
Wow, dis ‘n subjektiewe antwoord!
Wanneer oorskadu ambisie die vermoë om jou lewe te lewe? Ek dink die lewe is daar om gelewe te word, dammit! Mens hoef nie te weet nie… Mens hoef letterlik niks te weet nie… net te lewe!!! In my humble opinion is ek gelukkig met my lewe… Haha!
Vrede
C

Soweto Final

“Ek was nog nooit in Soweto voor Orlando nie, so ek het nie geweet wat om te verwag nie. Maar enige verwagtinge wat ek gehad het, was behoorlik uit die water geblaas.

Wit en swart, oud en jonk, mans en vroue, Bulls en Stormers, vuvuzelas en stilte, ryk en arm…. Wat ‘n deurmekaarspul… en tog so pragtig.

Om te sien hoe al hierdie goed bymekaar kom en net die ongelooflikste atmosfeer skep was ‘n ervaring wat baie moeilik is om te beskryf… wanneer ek na die tyd met ‘hardebaard-fotograwe’ praat wat al jare in die bedryf is en hulle beskryf hoe ongelooflik dit vir hulle was, weet ek ek was bevoorreg om dit te kon bywoon.

Ondersteuners wat die wedstryde wou bywoon, moes dit ‘n uitstappie maak en nie na Loftus ry wat 15min weg van die huis af is nie. Dié mense was heeltemal uit hulle comfort zone gehaal en in die ‘donker dieptes’ geplaas en omdat Soweto almal (lees ons) so met ope arms ontvang het, het dit die tafel gedek vir ‘n atmosfeer wat bitter moeilik ooit herhaal sou kon word.

Dankie Soweto. Dankie vir jou shebeens, jou quarts, jou ‘tuisgemaakte’ bier wat soos mampoer proe en dankie vir ‘n bevange twee weke van Home Games waar selfs die mees geharde Bulls-ondersteuner Home kon voel in Soweto.

Ek onthou toe ek op die veld gesit het met “Baby Tjoklits” wat in my ore blêr en ek besef: “Ek’s in Soweto” op daai oomblik het ek geweet wat transformasie is.”


















Oh yee of little faith

Laasweek nadat hierdie “kontroversiele” foto geplaas is op Beeld/Sport24 se agterblad was daar baie kommentaar gelewer. Baie mense het gebel met komplimente, maar party mense het ook gebel en gevra of ek die foto gemanipuleer het en dit was vir my absoluut skokkend! Dink hulle ek sal so iets doen?

Ek as fotojoernalis sal nooit ooit ‘n foto manipuleer nie! Manipulasie is ‘n ernstige aantuiging, want dit tas die integriteit aan van ‘n fotojoernalis en integriteit is al wat ons het.
HIERDIE FOTO IS OP GEEN MANIER GEMANIPULEER NIE
Dit gesê sal mense altyd fout vind wanneer suur drywe betrokke is, so nou laat ek die foto maar die praatwerk doen.
Ek heg ook die EXIF data onderaan.
My crop en edit

Oorspronklike uit die kamera

Date: 5/4/2010
Time: 4:09:03 PM
Model: Canon EOS-1D Mark III
Serial #: 554487
Firmware: Version 1.2.5
Frame #: 2589
Lens (mm): 400
ISO: 320
Aperture: 2.8
Shutter: 1/640
Exp. Comp.: +0.3
Flash Comp.:
Program: Aperture Priority
Focus Mode: AI Servo AF
White Bal.: Auto
ICC Profile: sRGB IEC61966-2.1
Contrast: 0
Sharpening:
Quality: Raw

ET go Home

My view on the first morning. ET was murdered the previous night. Mot (friend) and I drove through at night and slept in the car in front of ET’s farm. We only got a few hours sleep. E-tv was busy with a live crossing here. Was still pretty quiet here… the whole world would arrive in the next couple of hours.In an attempt to get footage we walked through swamp-type areas on the farm but what, to me, was one of the most surreal moments was when we found Atilla (ET’s famous horse) walking on the farm. I wondered if Atilla knew her boss was killed only a couple hours earlier.

Breakfast of Champions. Mot making it out of the boot.
Me, sitting at the City Hall waiting for someone from the AWB. pic GERHARD PRETORIUS

First time we got to the crime scene. On the left was the bed where ET died. Me is wearing red. On my right is Simphiwe Sibeko (Reuters) and Schalk van Zuydam (AP).
AWB meeting in town. Only got a couple frames before being chased out.
Oom Andries, ET’s brother.

Outside the Court.

AWB’s new leader, Steyn van Ronge.
To me, a summary of emotions at the funeral.
Tydens die begrafnis in die AP Kerk.

Buite ET se plaas.