In a class of his own – Afrikaans in Soweto

In Soweto, a township known for the violent uprisings against Afrikaans as education medium in 1976, there is a teacher re-writing history. Victor Khambule says it’s his mission to change perceptions about this language still often linked to white supremacy. Victor has a love for Afrikaans and gives free weekly Afrikaanslessons to anyone who is interested. His pupils range from grannies, who want to reconnect with the language they knew as young girls, to high school pupils, who do not have the same baggage as their parents and simply want to achieve good grades. They all say Victor’s passion makes him a brilliant teacher.

Pictures: Cornél van Heerden

Words: Daniëlla du Plooy

Story: http://www.beeld.com/By/Nuus/In-n-klas-van-sy-eie-20110715

Rodeo












































Die Suid-Afrikaanse Nasionale Rodeo Kampioenskappe is 6 November 2010 by Geyerspanplaas, naby Koster in die Noord-Wes provinsie, gehou.

Ek was daar vir 3 ure en het net een rondte van rodeo afgeneem.

Die hele event was so so ryk aan foto’s dat ek graag die hele dag daar wou spandeer en miskien fokus op ‘n spesifieke cowboy, maar ekt ander verpligtinge gehad.

Loanna Hoffmann, mede fotograaf was wel daar vanaf die Vrydagoggend, so hou julle oe oop vir haar goed.

Hoop ek kan volgende jaar terug gaan…

C



ESolo







I did a shoot with Ernie Solomon. Here is his story:


Ernie (Lastig) Solomon was eens ’n gevreesde gangster, maar nou praat hy namens sy mense op ’n nuwe CD. Anna-Retha Bouwer het met hom gesels.

Solomon se lyf vertel twee verhale.
Honderde “tjappies” (tuisgemaakte tronk-tatoeëermerke) op sy bolyf en ’n paar littekens vertel van ’n rowwe lewe in die backstreets op die Kaapse Vlakte. Groot, goue ringe met rooi stene en ’n ketting om sy nek kleur die prentjie verder in.

Maar agter sy brilletjie blink sy oë met ’n sagte lig en daar is ’n bedeesdheid in die manier waarop hy sy hemp uittrek vir die fotosessie en op verweerde motorbande neersak.

“Dis hoe ons grootgeraak het,” sug hy. “So tussen die tyres.”

Solomon kén die lewe op die Kaapse Vlakte; hy kén die binnekant van ’n tronk; en hy kén veral die lewe van die bendes wat albei hierdie plekke regeer.
Maar nou het hy genoeg gehad.

Hoewel hy lankal musiek maak, is hy veel meer reguit op sy nuutste CD, Society, waarvan die musiekvideo, Ons is almal society, onlangs voltooi is. Nou vra hy met die verhoognaam Esolo vrae – ongemaklike vrae. Só ongemaklik dat TV- en radiostasies skrikkerig is om dit uit te saai.

“Ek het dit verwag, ja,” sê Solomon.

“Hulle laaik dit nie as jy vrae vra wat seermaak nie.”

Waarvoor hy deesdae baklei, so van die vergete kant van die gemeenskap af, is dat die siklus van bendegeweld gestop en almal deel word van die society waarvan die mense praat.

“Almal kan uit die gangs kom, maar onse mense makeer mos help,” sê hy.

“Dié wat ons daar gesit het, moet ons help om daaruit te kom.”

Dis ook nie een politieke stelsel wat “sy mense” in die backstreets gesit het nie. “Dis stelsels. Dit gaan nou slegter daar as voor 1994. Baie slegter.”

Solomon sê hy’s nie ’n educated man nie. Hy is in gr. 3 uit die skool uit.

“Dit was maar weens omstandighede. My pa het nie geld gehet om my langer op skool te hou nie en my ma was maar ’n gewone huisvrou.”

Dáár, in die stofstrate van Louw-se-bos naby Elsiesrivier in die Kaap, het ses van hulle in ’n “plaathuis” grootgeword.

Sy paaie het met “verkeerde mense” s’n gekruis. “Ek het heeltemal ’n ander persoon grootgeraak as wat ek wou gewies het.”

Eers was dit “petty kraaimpies” en later was hulle “gruwelik”.

Toe Solomon 14 was, het hy vir sy neef ingestaan toe dié weens ’n inbraak in hegtenis geneem is. “Hy was ’n lid van die Tokai Boys-bende en hy sou twee jaar moes tronk toe gaan. Toe sê ek dit was ek, want ek was jonk en sou net ses houe met die rottang gekry het. Dit was séér!”

Maar so, vertel Solomon, het hy nog verkeerde “vrinne” gemaak.

“Voordat ek my kom kry, was ek binne-in die tronk.”

Sewe jaar lank.

Solomon was ’n gevreesde man op die Kaapse Vlakte en sy naam is veral met perlemoensmokkelary verbind.

Dertien jaar gelede was daar ’n skietery by sy huis. Hy was nie daar nie, maar sy kinders wás en almal is gewond. Dit was ’n soort keerpunt.

“Mevrou maak ook mos kinners groot? As my kinders eendag hoor hulle pa was dié en daai mens, moet hulle dit nie kan glo oor die mens wat ek nou is nie.

“Ek is nou 14 jaar sonder cigarettes, wyn en dagga. En as ek daardie dinge kon gelos het, moes daar mos iets in my mind ingekom het, want hier, vandag, het ek dit dan nog steeds gelos.”

Baie mense glo steeds nie hy kon verander nie. “Ek onthou toe ek ’n bandiet was, het die bewaarder se vrou met haar kindertjies in die pad afgekom. Daar wys een kind na my en sê: ‘Haai ma, daai bandiet lyk darem baie soos ’n mens!’”

Hy lag en hou sy maag vas.
“Die ding dat mense nie jou verkeerde goed wil vergewe nie, is maar jou straf. Verstaan nou? Jy moet dit dra.”

Sy mense, sê Solomon, is verslaaf aan gangsterism, maar almal wil nie deel daarvan wees nie. “Jy dink net later daar is nie ’n ander manier om te survive nie.”

“Maar daar moet gepraat raak met hulle. Mense moet wys hulle gee om.”

En dan: “Mevrou, as ’n mens in die tronk was, kom jy nie normal anderkant uit nie.

“Ek het mos nie skool gegaan nie, maar ek bestudeer mense. Op die ou end voel ons almal dieselfde ding. Die gangs baklei oor dieselfde goed en dan eendag kom jy agter dit was eintlik niks, maar dan is daar mense dood.

“Nou praat ek saam met my mense op my CD’s. Dis nie om fame te kry nie, ek praat uit my gevoelentheid uit.

“Ek het ook nou besluit ek wil nie meer ’n kleurling wees nie. Ek is ’n Suid-Afrikaner. Ek wil deel wees van die society.”


EFC 04

EFC is ‘n vorm van MMA (Mixed Martial Arts) en staan soms bekend as Cagefighting.

Dit was gehou by Coca Cola Dome en was heeltemal uitverkoop. Daar was 12 fights die aand en dit was ‘n baie lekker ervaring!



























Panjo

Panjo het op die R25 tussen Groblersdal en Bronkhorstspruit uit Goosey Fernandes, sy eienaar, se Ford F250-bakkie ontsnap nadat die klap van die bakkie vermoedelik oopgegaan het. Hy is twee dae later naby die Verena-plakkerskamp langs dié pad uitgesnuffel.

Panjo (Italiaans vir “spelerig”) is aangeneem deur Fernandes nadat Panjo se ma hom verwerp het. Hy is 18 maande oud en was onderweg na ‘n veearts in Springs.

Ek was gelukkig genoeg om van begin tot einde op die storie te wees en hier is ‘n paar foto’s…




























CJ









Dit is nie altyd lekker om ‘n Maandagoggend-vroegstorie te doen nie. En as daardie storie nog ‘n operasie is, is dit minder lekker, want jou brein hardloop weg met prentjies van bloed en gore vroeg op ‘n maandagoggend en dit op ‘n nugter maag!

CJ is ‘n matriekseun van Pretoria wat tydens ‘n vierwielmotorfietsongeluk, vyf jaar gelede, byna al sy tande in sy onderkaak verloor het. ‘n Groot gedeelte van sy onderkaak is letterlik uit sy mond geruk en hulle het dit op die grond gaan optel na die tyd.
Hierdie operasie was om vir CJ metaalplate in sy kaak te sit sodat dit gerek kan word. Wanneer die proses klaar klaar is, beoog hulle om vir hom spesiale tande in te plant. Die tande is baie duur, maar die maatskappy wat dit vervaardig het goedgunstig die tande geskenk.
Dit was lekker om af te neem, want mens kon sien hoe word CJ se ‘glimlag’ teruggesit. En vir so iets sal ek enige maandagoggend vroeg opstaan.